Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Om te lewe is onnatuurlik" deur GERT VLOK NEL
"Om te lewe is onnatuurlik" deur GERT VLOK NEL [boodskap #15857] Do, 18 Junie 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
OM TE LEWE IS ONNATUURLIK
Eenvoudige spoorwegstories
Gert Vlok Nel

oproep

Goegie was veraf vandag
vandag toe ek hom bel
en vanuit die kruik vertel
heel godse dag gesit en paint sê hy
toe in die kar geklim, toe berg toe gefokkenry
kaalgat vleis gebraai hoog bo iewers oers
by galopping van einders, toringing (w(o(l(k(e
toe in die kar geklim en terug gery
toe veraf geklink vir my.

desember & see

groteske wolke beweeg bo-oor die toneel

ons twee arme spoorwegdôners op hermanus -
dit het die heel eerste aand subkultureel wreed gereën
oral om i army-bivvy. i halwe afstand van ons in mis
het rykes in i fokkenmansioninthesky (in die heelal)
gedine & wine. ek wou nie dat jy kyk & sien nie.
dalk sou hulle brutaal brood drink en vir ons
wyn gee.

dit was ons eerste outing see toe, op 16 & 22.
vanaf beaufort. lift hermanus toe. Attie my broer
en ek. jy't stormy weather gesing in die nag as
bevestiging & vergissing, maar summertime sou
nie beter gedoen het nie. stilte ook nie. sundown
was i moerse comedown. "nag At," het ek gesê.
"Ja"

5-uur het ons verwater & wild op die strand uitgehol,
jeans en truie, saam met windsurfers in wetsuits. dit
was haunting. hemel & fokken aarde toegewrap in wolk. ons
was gou warm. t.s.v. die kak drizzle. ek
wou iets (die oggend) vergestalt in rots of rym
maar het alreeds alles weggegee
aan herhinnering & pyn

om nou, got-jare later, te berg uit vadems donker
trog, vasgenael teen dek en maspaal, vloekende hollander
elke keer wat ek bo-oor kruis, of
ek herrangskik freneties
dekstoele. of preweling. of ek bid tot got, ons hotnotsgot.
of iets At maar dié belowe ek jou At:
rym se moer:

ons het een dag gebly: dit was aand
en natuurlik môre. daar was lig. "dis die 1ste
dag van die res van ons lewe," kon ek sê.
dit was die 2de oggend op die 3de planeet van die son.
ons het verwoed weggehaaik, in triest, na die beaublou
van die kro, en die ekwilibrium van oë. ek ril
by herinnering aan hoe ons gereis het, hoe ons gekyk het
1) ons het gehaaik. 2) ons het onrus gehaal.
een twee drie dis i kak plek die moes ons sing
bo-oor die STEREO van die nice holes of ass wat ons
opgelaai het. in opgeboude kombi. ons het by enige huis geklop.
"kom in" het jan rabie gesê. (lieflike radyse in die hand.)
in die hoek het ettienne leroux soos i soutpilaar gesit, saam met
elizabeth, sy lot. sy blik

was toegetrek. hy't ons en jy't hom nie herken nie.
"ons soek Daan verwey, i pel van ons," het ons gesê.
teen uitgebasterde aand was ons op die plato, in fatale
reën, by matjiesfontein, teen 160 k.p.u. ons kopligte
het getippex oor opgehewe heuwels, vae huise, petite lig.
3) ek onthou vanaand At, vir wat dit was, jou blik:
om te lewe is onnatuurlik.
Re: "Om te lewe is onnatuurlik" deur GERT VLOK NEL [boodskap #15870 is 'n antwoord op boodskap #15857] Vr, 19 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Jun 1998 21:21:48 GMT, wrote:

>>

Gert Vlok Nel is 'n wonderlike digter.
Elke reel van die gedig wat ek lees, wens ek ek het dit geskryf. Maar
dis so goed ek kan nie jaloers daarop wees nie.
En op die einde is ek net baie bly hy het dit geskryf. Dat die woorde
in hierdie volgorde bestaan.

Nou vir my rage: Ek soek al 'n jaar lank - sedert Gloudina die eerste
keer van sy gedigte op die groep geplaas het - na die donnerse
digbundel, maar kry dit net mooi nerens nie.
Ek dink ek het nou vasgestel dat dit Tafelberg is wat dit uitgee.

Talking about die toekoms van Afrikaans. In die hele goddelike
Johannesburg is daar nie een enkele Afrikaanse boekwinkel nie. Nerens
waar ek 'n tantrum kan gaan gooi omdat ek nie Gert Vlok Nel se
digbundel kan koop nie.

Nel het by the way 'n CD gemaak. Ek het al so twee snitte geluister.
Selfde soort goed as die gedigte, maar minder intens omdat dit "songs"
is.

Die man is my held met sy gedigte. Maar hy kan nie sing nie.
Hy kan nie. Hy kan net nie. Op geen manier nie.

Dit laat my dink and Hans Scriba wat vir die WP en Natal losskakel
gespeel het. Ek het die storie 2de hands gehoor so dis dalk nie waar
nie.
Maar: Hans Scriba is glo 'n goeie en belydende Christen en rerig 'n
aangename mens.

Toe het Jan Pickard wat die WP se rugbybaas was, by geleentheid gese:
"Hans Scriba is 'n goeie Christen, maar hy is nie 'n losskakel nie..."

Dis was waar, so waar.
Hy is gedrop as die WP se losskakel.

Jan Pickard (nou oorlede): Hy het by geleentheid stry gekry met
Michael du Plessis, formidabele senter en losskakel van die WP en SA.
Mense wat rugby in die jare 80 gevolg het, sal dit dalk onthou. Dit
was die jaar toe WP en NTvl 12 -12 (dink ek) gelykop gespeel het op
Nuweland in die Curriebeker-eindstryd.

Daai jaar was Du Plessis (wat nie verniet nie onder sommige aanhangers
die lawwe bynaam van Mal Michael gehad het) in en uit die WP span - as
gevolg van sy verskille met Jan Pickard.

Hy het in die eindstryd gespeel. Vir die eindstryd was hy op senter en
'n vergeetbare en skoppende Matie op losskakel.
Dis in die laaste minute, WP het 'n skrum naby die NTvl se doellyn met
die telling in Ntvl se guns. 'n Drie sal dit gelyk maak.
Die skrumskakel (Divan Serfontein, dink ek) het die sense gehad om die
bal wat sy skrum gewen het, verby die useless losskakel na Michael toe
te uit te gee. Michael het gehardloop, die verdediging getrek dat daar
gat buite was en 'n perfekte aangee na sy broer Carel gegee wat gaan
druk het.

Nou die goue oomblik: Michael het volgens die storie wat ek gehoor
het, vertel toe hy die bal daar kry, het hy ernstig gespeel met die
idee om om te draai en die bal "tot bo in Jan Pickard se losie te
skop".

Die wonderlike ding is dat die ou dit sou gedoen het, hy was mal
genoeg....

Maar wat 'n wonderlike speler was hy nie.
'n Gert Vlok Nel met 'n rugbybal.
Vorige onderwerp: "Ketter" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "al wat ek wil....." deur GERT VLOK NEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 20:35:39 MGT 2024